Free Web Hosting by Netfirms
Web Hosting by Netfirms | Free Domain Names by Netfirms

 

Naudès in S-Afr

Naudes in Europe At the Cape Jacob's Story Susanne's Story Polly and Martiens Ouma Katie Edict of Nantes

Click here for English

'n Mens ken jou familiemense: diè met wie jy saam grootword,  diè wat jy eenmaal 'n jaar sien as julle almal by Ouma en Oupa gaan Kersfees hou, en diè wat jy net sien as die familie van heinde en ver opruk na 'n troue of 'n begrafnis. 

Maar as jy deel word van die Suid-Afrikaanse diaspora, en jou kinders word in anderland groot, dan raak jy afgesny van jou netwerk - jy skryf en jy bel en jy e-pos jou naastes en dierbaarstes, maar skoonfamilie en kleinniggies met wie jy net oor die troukoek of begrafnisrys kontak gehou het, vervaag geleidelik uit jou fokusveld.

So vertel ek 'n tyd gelede vir my dogter, Caroline, wat hier in Australië grootgeword het, 'n staaltjie oor Tant Beatrice. 

"Wie's Tant Beatrice, Ma? Is sy van Ma of Pa se kant? Ek wens Ma wil net vir my daar op 'n vel papier skryf wie my ooms en tantes van elke kant is, en hoeveel neefs en niggies ek het."

Maklik genoeg! Die werk van tien minute, sê ek vir myself en ek trek 'n vel papier nader. Nie 'n baie groot vel nie: ons was maar net drie kinders en my man het ook net twee broers: ek kan Caroline se familie tot en met haar ouma- en oupagrootjies in 'n japtrap vir haar neerskryf.

Die japtrap het vyf jaar geword, die vel papier het 'n rekenaarprogram geword en die dertig stuks familielede het aangegroei tot duisende. Moenie jou familie-tapisserie se drade begin navors nie ... dit suig jou in!

Hier is die Naudè-draad van ons familie: ek moet benadruk dat hierdie nie 'n stuk  vakkundige navorsing is nie: dis 'n stokperdjie vir plesier. Ek waarborg nie die akkuraatheid van enige deel daarvan nie, en as enigiemand  beswaar wil opper of 'n stuiwer in die armbeurs wil werp, is hulle welkom om my te e-pos.

Jammer dat dit grotendeels op Engels geskryf is: ons Afrikaners verstaan almal Engels, maar die teenoorgestelde geld ongelukkig nie! 

 

I started researching our family because my daughter, who grew up in Australia, was eager to know more about her South African relations. One thing led to another, and the upshot is that five years down the track I am still fossicking in the family closet for more bones with which to construct bigger and better skeletons.

This is the Naudè skein of our family tapestry: it does not pretend to be a serious piece of scholarly research and I don't vouch for its accuracy . It is a light-hearted hobby and done for fun and enjoyment.

Anybody with comments to offer, is welcome to e-mail me.

Bronne / Sources:
bulletJ.A. Heese, Die Herkoms van die Afrikaner 1657-1867, Cape Town, 1971
bulletCape Archives, Cape Town.
bulletFamily crests: www.geocities.com/Heartland/Valley/8140/fam-wapens.htm
bulletGenealogy Institute of SA: www.sun.ac.za/gisa/gisa-a.htm
bulletColin G. Botha: The French Refugees at the Cape
bulletDe Villiers/Pama: "Geslachtregister van de Oude Kaapsche Familiën"
bulletLouis Naudè: Naudè Familiekroniek
bulletMolly McClelland: personal reminiscences

 

Naudes in Europe At the Cape Jacob's Story Susanne's Story Polly and Martiens Ouma Katie Edict of Nantes